Donderdag 13 Februarie 2014

Onverantwoordelik ... of plein selfsugtig ...


Vannaand se briekmerk gaan heel waarskynlik 'n klomp mense se hare laat orent vlieg en hopelik 'n klomp mense so bietjie laat terugsit en dink.


Ek kan die hele ou storietjie baie wyd en baie breed laat draai maar omdat hierdie a bike plekkie is en ons almal bikers is, gaan ek dit by bikes hou ... alhoewel dit op baie ander plekke ook van toepassing is.

Baie mense hou daarvan om die refrein uit te basuin ... "Ek ry want ek wil ry en ek hou daarvan." ... of ... "Ons is almal een dood skuldig." Hierdie word oor die algemeen uitgeroep wanneer mense jou as biker begin vertel hoe gevaarlik dit is om bike te ry.

Dan is daar nog die Engelse een ... "Let those that ride decide." Hierdie een word gewoonlik aangebied as mense begin praat oor beskermde klere.

Nou kom ek vertel julle bietjie hoe sien ek die dinge ... en glo my vry ek sien dit nie so van lankal af nie, ek sien dit so sedert die oggend toe ek langs my seun gestaan het. Hy het op sy rug in die teerpad gelê en helder rooi, dik bloed het stadig a plas onder hom begin vorm. Ek kon sien hoe sy lewe uitpomp en daar was niks, absoluut niks wat ek daaraan kon doen nie. Ek het gesien hoe sy t-shirt aan flarde om sy maag gedraai was en ek het ook gesien hoe sy bene uit die jean uitgebars het. Verder het ek gesien hoe my oudste seun die jonge se fancy slipons gaan optel het waar dit verspreid in die pad gelê het.

Glo my vry ... as die seun op daardie stadium vir my vertel het ... "Let those that ride decide." ... dan sou ek heelwaarskynlik eksponensieël bygedra het tot sy reeds ernstige beserings. Sy arm was bykans van sy lyf afgeskeur, sy bobeen was verpletter, sy enkel was gebreek, sy hande was nerf af en hy het a paar lelike roasties op sy bolyf gehad. Hy was damn gelukkig ... lyk vir my dat die slag toe hy die trok se bak tref toe vlieg hy hoog in die lug op en kom af soos a sak patats. Tref die pad en bly daar lê. Feitlik niks geskuif nie ... gode sy dank daarvoor anders was hy velloos van sy kop tot by sy tone.

Maar ek het hierdie storie al vertel. Kom ons kom by vannaand se briekmerk. Beskermde klere of ATGATT soos ons dit noem is daar om ons te beskerm maar nie net ons nie. Dis ook daar om die wat naby aan ons is te beskerm. As ons dit dra en ons kom iets oor dan help die klere om ons beserings te verminder en selfs ons lewens te red. So bykans 'n jaar terug het ek geval en dit was by die genade nie 'n hoë spoed val nie maar ek is oortuig daarvan dat as ek nie so goed aangetrek was nie dan kon dit hel serious gewees het. Ja toenou, ek weet ek het net a riding jean aangehad en daarom het my knie erg deurgeloop maar al het ek kneepads aangehad sou die manier waarop ek die klip getref het met my knie nogsteeds nie die heup besering verander het nie.

Elke keer as een van ons val dan loop ons famile en vriende onder die gevolge van ons val deur. Hulle moet ons versorg en hulle moet met ons sukkel terwyl ons gebreek en verfrommel is. Hulle moet help om ons geknakte sielle weer reguit te maak en hulle moet ons hande vat en ons uit die dryfsand van depressie of selfbejammering uit trek. Al die dinge moet hulle doen en hulle doen dit omdat hulle vir ons lief is ... anders sou hulle ons net daar in die pad laat lê het om te vrek en deur die aasdiere weggedra te word. Jig ... dit klink woes maar dis tog eintlik die waarheid. Ons blixem neer en sit hulle deur die paces.

Nouja ek dink dis seker regverdig om dan te sê dat as ons nie ons klere aantrek as ons gaan ry nie dan is ons mos nie onverantwoordelik nie ... NEE ... ons is bloody selfsugtig want ons stel die naby aan ons bloot aan psigiese trauma, stel hulle bloot aan die berowing van hulle tyd en dit alles doen ons terwyl die rympie ... "Let those that ride decide." ... in ons koppe draai. Koppe wat eintlik nie met deuntjies dreun nie maar net sommer plein RAAS. Ek dink dis donners selfsugtig. As jy kaalgat wil ry, skei jou vrou, laat jou kinders aanneem en jaag al jou vriende en familie weg en dan gaan neuk jy kaalgat op jou bike rond. As jy een greintjie selfrespek het, een druppeltjie erkenning en waardering vir jou familie en vriende se liefde vir jou het dan sal jy nie kaalgat op jou bike klim nie en sal jy "DECIDE" om reg aan te trek.

Kom ons gaan verder ...

Almal van ons weet bikes is bloody gevaarlik want as jy simpel raak met die throttle kan dinge moer vinnig hel verkeerd loop. Kom ons kyk na 'n ander deel van ons gemeenskap. Die wat so bitter graag Rossi wil wees. Jy sien hulle orals waar bikers bymekaar kom. Stywe leerpakkies, knopstaan knie beskerming, tripple rek kidney belts, full racing boots en gloves. Vuurwarm sport fiets en een of ander nekdoek of kopdoek wat uitbassuin dat hierdie rider "woes" is. Ek sien baie van hulle by Woodsman. Vol bravade en baie vocal oor wat hulle alles met die "22" gaan doen.

Petrol op hierdie mense vuur is die feit dat hulle so nou en dan die voorreg het om een of ander "legend" te sien sleep deur die "22" teen 'n spoed wat way beyond ons Rossie se vermoëns is maar dit is nie belangrik nie. Ons Rossi het mos nou al so twee of drie Trackdays bygewoon en my maat hy gaan daai "22" laat les op sê as hy sy bier klaar gedrink het.

Ons Rossi is gewoonlik 'n pa, 'n man en 'n baas want hierdie bike ding is mos 'n duur storie. Nouja, menigmaal is baie van sy verantwoordelikhede saam hier in die Laeveld met hulle motor en hulle is gedwonge sy pitcrew en sommer die cheerleaders en fans ook. Sou jy hulle egter eenkant toe neem en mooi uitvra dan sal jy dadelik die kommer, angs en koue vrees in hulle oë sien. Maar luister vir my, onse Rossi weet niks hiervan nie want hy is verswelg in sy droomwêreld en interpreteer hulle angs as aanbidding. Sot ... al wat dit alles werklik is ... pure SELFSUG aan sy kant.

Kort voor lank mis hy 'n draai, wetter teen a boom of rots vas en eindig op as bebloede, verwonge mens in 'n aaklige verskeurde leerpakkie. Sy familie en vriende staan verslae en verpletter om dit wat eens hy was en die rou snikke en histeriese gille galm deur die klowe. Hy is klaar maar hulle hel begin nou eers.

Kyk dit is seker nie mooi om dinge so te beskryf nie maar met eentonige reelmaat gaan mense op bikes dood hier in die Laeveld. Naweek na naweek dieselfde Rossi stories. Dan die volgende week sien jy die posts opspring op die forums. Almal wat hom geken het is geskok en menige pos gedwonge mooi woorde net om polities korrek te wees. Ons lees menige maal dat Rossi so goeie rider was met baie track ondervinding en dat hy absoluut a fantastiese man was. Jy weet wat ... dit alles mag dalk waar wees maar niemand het die guts om te sê wat gesê moet word nie ... Rossi was onverantwoordelik en plein SELFSUGTIG. Sonder om ag te slaan op die gevare en gevolge vir sy familie en vriende het hy homself in sy moer in gaan jaag op a publieke pad en nou sit hulle met die gebakte pere en hy is salig onbewus van al hulle smart.

Laat ek dit net mooi duidelik maak ... ek weet ongelukke gebeur en ek het al van hulle gesien maar 90% van die ballsups hier in die Laeveld is nie regtig ongelukke nie ... dis roekeloosheid, selfsugtige windgat speletjies wat skeefloop.

Ek wonder of onse Rossi se laaste gedagtes "Ek is een dood skuldig." is ?

Na Wiehann se val het ek een Saterdag oggend my GT gevat en Sabie toe gery. Ek het gery soos ek gewoonlik ry en hoe langer ek in die saal was hoe wilder het dit gegaan want ek ken die paaie en ek ken die bike. Ek is deur die "22" af en oor Blue Mountain terug huistoe. In my garage het ek lank na die blink geskuurde center stand staan en kyk en toe daal daar so snaakse koudheid oor my neer. Daai volgende week is die GT weg na Hochland toe ... en nou staan daar 'n GS in sy plekkie in my garage. Daardie GT was nou net eenmaal te gewillig om te hol en ek was nie regtig instaat om hom in bedwang te hou nie. Terwille van my eie veiligheid en my famile se toekoms het ek besef die GT moet gaan en ek het hom gegroet en weggestap. So maand of wat later het ek my nuwe LT gekry en vandag, sowat 'n jaar later is beide die LT en die GS se onderstelle nog ongeskonde en ek gaan dit so hou. Ek ry baie stadiger as wat ek kan en dit pla my nie. So tydjie gelede kom ek om 'n draai en 'n trok staan doodstil met a klomp pale wat agter afgeval het. Ek het net saggies gefluit, regs geswenk en my kop geskud terwyl ek by die trok verbyglip. 'n Jaar terug sou ek heelwaarskynlik 'n paal of twee en moontlik a moerse stuk van daai trok deur my lyf gekry het.

Nouja ... dis dit ... sit so rukkie en dink mooi ... as jy 'n ervare biker is dan is dit verseker so dat al daai ondervinding jou 'n beter kans op oorlewing gaan gee en veral as jy die Rossi ding uit jou sisteem uithaal en ry om te leef en die ryery te geniet. Los die jagery vir die baan waar daar plek is vir foute.

Onverantwoordelik of plein selfsugtig ... besluit self ... albei is in elkgeval ewe sleg vir jou geliefdes.


Oorspronklik gepubliseer op 17 Augustus 2009

Hier is 'n paar opmerkings wat op Bike in jou Taal verskyn het:

Cassie:
Roerende storie Colyn......

Bert, (oom Bert vir my), het saam met sy familie en vriende gaan 'speel' in ET soos wat meeste bikers maar doen....

Hy het glad nie gedrink by die Woodsman nie...... hy is glad nie 'n 'show off' nie, en hy het glad nie gejaag op die "22" nie, want hy het agter Natalie en haar ma gery wat elkeen op hul eie fietse was en die girls kan natuurlik nie so goed en vinnig soos hy ry nie. Dit was glad NIE 'n saak van: "Ek moet nou 'n punt bewys aan my buddies nie".....

Ek is nog nie 100% seker hoe hy presies geval het nie, behalwe dat hy 'n draai 'verloor' het, die detail sal later uitkom sodra ek voel my vriendin is genoeg getroos en dat die ergste hartseer verby is. Vir nou vra ek nie veel vrae nie, ek sorg net dat sy kalm is.

Toe ek Saterdagmiddag met haar gepraat het, nadat hulle haar probeer kalmeer het, het sy heeltyd vir my gesê sy's jammer...... Ek het haar probeer verduidelik dat niks haar skuld is nie....... en dat ongelukke gebeur..... Sy't nog stééds aangehou om te sê sy's jammer..... Want ek het haar blerrie mooi laat verstaan dat hulle die gejaag vir die baan moet hou! Sy't net gesê hulle het nie gejaag nie......

Ons weet nie wat het deur sy kop gegaan terwyl hy agter sy dogter en vroulief aangery het nie.....

Ons weet nie hoekom gebeur ongelukke met wonderlike, liefdevolle, nederige mense nie......

Ongelukke gebeur.......

Colyn:
Wel Cassie die punt van hierdie briekmerk gaan regtig oor hoe ons ondeurdagte wildheid die mense naaste aan ons affekteer. Ons val maar hulle suffer. Miskien is dit tyd dat ons begin om meer aan hulle te din as ons ry en veral as ons wil staan en simpel raak.

Quote
Toe ek Saterdagmiddag met haar gepraat het, nadat hulle haar probeer kalmeer het, het sy heeltyd vir my gesê sy's jammer....

Jy sê dit self ... hy het verongeluk maar kyk nou waar sit die meisiekind. Hoekom sal ons miskien nooit weet nie maar sy gaan struggle.

Ek dink net ons spring te maklik in die saal sonder om vir een oomblik mooi te dink wie gaan almal betrokke raak as ons val nie.

Jubs:
Jy is besig om te besin oor sekere waardestelsels Colyn.

Goed gebeur in 'n mens se lewe en soms gebeur dit dat 'n mens stil sit en nadink daaroor. Miskien leer jy iets daardeur. Miskien gebeur die nadink eers lank na die gebeurtenis...

Wat het geword van "Jy moet jou naaste lief hê soos jouself"? Soms het ons, onself nie baie lief nie en is ons nie bereid om te leer en te groei nie. Daarvoor is ons soms te lui...

TC:
Colyn ek hoor presies wat jy se en dit is 100% waar....... MAAR ek wil nie bike ry, valskerm spring , bungy jump, oor n straat loop , op n vliegtuig klim, op die N1 met n kar ry en die heel tyd dink ek mag nie iets oorkom nie want ek het naasbestaandes wat geafekteer gaan word daarmee nie.

Ek's baie skuldig oor die goeters wat jy in jou post noem, ek toets baie keer die noodlot en gaan 10 teen 1 weer dit die naweek doen as ek in ET is......

Ek ry bike omdat dit n deel van my lewenstyl is waarsonder ek nie wil wees nie...... My broer is dood aan bloedkanker op 43, my beste vriend is dood op die grens..... en so gaan baie mense dood daagliks van verskeie goed kar ongelukke ens......

Almal wil hemel toe gaan maar nie vandag nie........ Almal moet een of ander tyd doodgaan en dit affekteer almal om hulle, my Pa is na n lang siekbed 2 jaar terug dood op 76 en dit het my nog steeds baie geaffekteer.....

Ek voel adrenalien en bike ry is twee goed wat hand aan hand saamgaan...... en party goed het jy geen beheer oor nie...... Ja daar gaan baie mense dood in ET naweke maar net so in Gauteng gaan daar baie mense dood in karre ens....

Ek hoor wat jy se maar ek geniet my bike ry en veral ET en ek voel nie dit is selfsugtig nie want as my Geliefdes moet iets oorkom sal ek net so na hulle kyk as wat hulle na my sal kyk as iets my moet oorkom.........

Miskien druk ek myself nie reg uit nie maar nou ja.......

Colyn:
TC ek verstaan presies wat jy probeer sê maar my gevoel is dit ... oor jare heen het baie van ons waardevolle ondervinding opgedoen om van ons beter ryers te maak. Ons het onself stelselmatig gepush na nuwe levels toe en die mes se lem al skerper gemaak. Dit veroorsaak dat ons meer en meer moet doen om dieselfde thrill te kry. Miskien moet ons vir onsself sê ...

"Ok dis nou genoeg ... dis vir my lekker om te ry en ek wil nog vir a lang tyd ry."

Kapitaliseer nou op jou belegging in jou skill set en leef op die rente. Ry binne jou gemaksgebied en miskien bietjie laer ... hou vir jouself a handvol reserwes in pag en ry met die wete dat jy ruimte vir systappe het.

Moenie vir een oomblik dink ek wil hê dat ons nou soos ou toppies op Vespas moet aankarring nie maar al wat ek dink is dat ons miskien net so bietjie meer aan die rondom en naby ons dink en ruimte los vir hulle gemoedsrus. By all means gaan jy nog so dan en wan a lekker sleep deur die Outenikwas vat of a blitsige topend ervaar maar dis daar en wanneer jy al die opsies deurkyk en werklik gerus voel oor die tyd en plek. Te veel keer storm ons a draai blindelings in met die wete as daar iets in die pad sou wees is ons in elkgeval moerland toe maar nogtans hamer ons die fiets.

Strawbs:
Colyn....ek dink ek weet wat se jy...
Vandat my seuntjie Joe gebore is...is ek nie n ou tannie op die bike nie...maar as ek die "limits push" dan dink ek twee keer...en ek weet die "throttle" hand dink saam....
Ek is Ma en wil nie he my seuntjie moet sonder my groot word nie...
dis nie te se ek gaan altyd daar wees nie...maar hoe ek my bike ry is my besluit en ek probeer regop bly!!

Cobus:
Sjoe ernstig en filosofies is ons vandag.......maar dis nodig om soms stil te staan en te reflekteer oor wat ons doen , of gedoen het.
Ja ek stem saam, hier is twee "issues".

1) Dra die regte klere, moenie kanse vat nie.
2) Daar is n baie fyn lyn tussen selfvertroue en windgat.

Al wat ek wil se, as jy die dag die pat vat teen die spoed van lig, en die draaie kom nader....vra gerus jouself. Is ek nou windgat, of ken ek die pad en het genoeg vertroue om heel anderkant uit te kom.
Wat my baie keer help as ek "carried away" raak is...ek se WHAT IF? ... voor 'n draai of in verkeer. Dit hou jou op jou tone.

ninja1:
Ek het die hele klets ordentlik gelees, en ek dink die klets is waarde toevoeging op sy beste. Wel dit laat my ook anders dink.

Mark M:
Ek ry elke dag van my lewe omdat ek dit geniet en omdat ek moet...
Elke keer as ek op my bike klim dan besef ek dat ek myself bloot stel aan baie gevare...
Maar ek moet daai "Risk manage" na beste van my vermoens en ervaaring..
Ek ry NOOIT vinniger deur 'n draai as 60% van my vermoe want ek verwag altyd daai trok, Diesel Kol of sand wat in die draai le en wag..
Noem my maar Bang Jan maar eerder dit as Dooie Jan...

Ek is altyd ekstra versigtig op die pad want ondervinding het my harde lesse laat leer...

Gatskuur:
Dis jammer dat party mense se eerste les ook hulle laaste is.
In die laaste 5 jaar was ek nie in 'n ongeluk nie {touch wood} maar van my duurder lesse gee my vandag nog moeilikheid. My knieg weet 3 dae vooruit of dit gaan reen, my gewrig is partykeer so styf ek moet my hele arm gebruik om die throttle te draai, my rug laat my nie toe om plat op die vloer te le nie, ek het meer keramiek as been in my mond, en so kan ek aangaan. Dit het my nie laat ophou ry nie, en die spoedgrens is steeds net 'n bordjie op 'n paal, maar daai stemmetjie hier agter in my kop praat baie harder as jare gelede..
Ek dink die heel belangrikste ding is om nie te probeer soos iemand anders ry nie. Dit maak regtig nie saak wie kom eerste en wie kom laaste by 'n plek aan nie, behalwe as jy track doen. Moenie ander mense probeer bang ry nie - as iets gebeur gaan hulle net skrik, maar jy kan dood wees.
Dis baie lekkerder as jy weet dat jy weet jy gaan more en die volgende dag weer kan ry.

Roem:
Ek het my nou net dood getik aan 'n lang anwoord op die post en toe verloor ek als.... Gaan nou sommer net in 'n paar woorde my mening lig.

Ek wou van skool dae 'n fiets he, pa het gese "Oor sy dooie liggaam". Op 48 jarige ouderdom is my pa toe oorlede. Twak en hart siektes werk nie saam nie. Twintig jaar later is my ma toe ook oorlede. Sy ook het gese wat my pa gese het. Omstandighede raak toe so dat ek vir my dogter moes vervoer kry. Teen my wil moet ek vir haar 'n scooter koop omdat dit al is wat sy wettiglik mag ry. Ek besluit toe om ook my jarelange wens te bewaarheid en kry my leerlingslesensie en 'n BMW F650GS. "n Geel een!

Dit alles gebeur toe ek al 46 kersies op my koek het. Doen 'n Novice kurus by Zwartkop en kry my lesensie, by Watloo 3 maande later. Nogal beindruk met die feit dat ek so gou my lesensie gekry het. Wel al die dinge is maar net ter agtergrond van my "biker ondervinding". Sederd Maart laas jaar ry ek slegs met die fiets werk toe. Peak hour trafic is 99% van die tyd waar ek my bevind, Midrand toe. Die GS is lekker lig en beheerbaar in die verkeer. Ook, reken ek, het hy genoeg woem, vir iemand soos ek.

Voordat ek op daardie fiets klim se ek my gebedjie op. Nooi sommer die Here om saam met my te ry. Jy kan mos nie vir beter beskerming vra nie. Ja, ek dra my ATGATT. My dogter het ook haar ATGATT. My leuse is "Kom eerder laat by die bestemming aan as glad nie!" Ek het geen jaag gier in my g@t nie en ry rustig saam met die verkeer. Vriende van my, man en vrou, het Januarie albei hulle regter bene verloor in 'n fiets ongeluk in Newcastle. Hulle ry al fiets vir donkie jare. Hulle het niks verkeerds gedoen nie. Sad.... baie, baie sad....

Mudbugger:
My een buddie het onlangs m@er hard geval met sy bike. Dis 'n ou wat oor die 1500 Km op 'n naweek afgele het baie naweke om by sy gesin te wees. Met so baie ry kom mens op 'n stadium dat jy soos trappe klim, nie eers meer daaroor hoef te dink nie. Ekself kom party dae by die werk en kan nie se wat het die laaste paar Km gebeur nie. Jy reageer en tree an instinktief op. Dan eendag loop ietsie kleins skeef en jy skrik jou alie af. Besef eensklap jy MOET meer aandag gee. Dis dieselfde 2de natuur wat my buddie onverwags gevang het toe hy op 'n stuk suikerriet gegly het.

Ongelukke gebeur want ons raak gemaklik.

Harry:
As ek 'n buite-perd opmerking kan maak uit die vreemde:

Ek het in die begin in die UK gewonder hoekom 'overdress' die manne (en girls) hier so. As jy oor naweke in die bike shops of shows gaan is almal ge-gear van boots tot die duurste helmets.

Almal het 1 of 2 stuk leathers, en al die bike shops verkoop Draggin Jeans / chinnos etc. 'Worst case' ry die ouens met proper boots en kevlar jeans.

jy sal nie 'n R1 ryer sonder 'n one-piece sien nie...

Maar hier is die kit ook baie meer bekostigbaar, en meer van 'n fashion item ook. Hier is baie bike shops en online shops wat die kit bemark.

Goeie entry level boots kos nie veel meer as 'n paar Cat's nie.

Cheers uit 'n 'warm somer' UK.

Colyn:
Harry ek dink ons het die kultuur van kaalgat ry al in die 70's opgetel omdat in daardie dae daar baie min kit ingevoer is en die ingevoerde goed wat daar was, was net onbekostigbaar duur. 'n Goeie Lewis Leather baadjie het amper die helfte van a Kawa Z650 se prys gekos.

Herontmoeting ... een man, een fiets en die langpad

Net so bietjie agtergrond voor ons die pad vat. Na 18 jaar van fietsloosheid het my vriend Roan my gedurende Februarie 2005 oortuig om weer te begin ry. Ek moet erken dat ek baie teësinnig was en uiteindelik ingestem het om op 'n toetsrit te gaan bloot uit respek vir Roan se gevoelens.



My gedagte was dat ek maar die dag sal gaan ry en dan net eenvoudig terugsink in my eie wêreld in sonder baie omskrywings. Ek gaan nie die detail van die toetslopie nou omskryf nie maar al wat ek kan sê is dat dit minder as 30 minute in die saal gevat het om my met oorgawe te laat terugspring in dit wat in my jong dae my lewe totaal oorheers het. Binne dae na die toetsrit was ek die trotse eienaar van a bloedrooi BMW K1200GT en dit het vir my gevoel asof ek twintig jaar van my ouderdom afgestroop het met een handtekening. Nouja sedert daardie Saterdag oggend het ek en Roan duisende kilometers saam afgelê.

Dit was vir my wonderlik om weereens die vryheid van die ooppad te beleef en die opgewondenheid oor wat oor die horison wag het my ure per dag in die saal laat sit. Die grootste faktor in my nuwe lewe was die kameraadskap tussen my en Roan en ek was bevoorreg om a saal maat te hê wat alty reg was om die pad te vat saam met my. Roan se teenwoordigheid het my gemaklik op die pad laat voel en toe ek en my LT omval in Heidelberg in die Kaap by a petrolstop was die ou groot bees blitsig by om die os van 'n LT op te tel. Ek kon gelukkig self opstaan. Roan was by om die swaar bike by Piketberg deur 'n baie nou en vieslike steil paadjie op die rand van die afgrond verby te kry.

So kan ek menige insidente opnoem waar sy teenwoordigheid dit vir my gemaklik gemaak het op die pad. So was hy ook die een wat my omgepraat het om 'n GS aan te skaf en in September 2008 is ons na die GS Challenge toe op Leydsdorp. Dit was hier waar die ou grote weereens sy staal gewys het en nadat ek 'n stuk berg weggeploeg het, het hy eers die bike van my af opgetel en toe het hy my opgetel ... ja hy moes my optel uit daai rooi stof uit want ek het my gat afgeval en my knie en heup beseer. Dit was hy wat my letterlik opgetel het en terug in die GS se saal gesit het sodat ek die pad kon vat terug beskawing toe.

Dit was hy wat die GS regop gehou het en langs my gedraf het totdat ek die bike ordentlik aan die gang gekry het met my lam been en al. Dit was hy wat my by die hospitaal van die bike afgetel het en in 'n rolstoel gesit het. Dit was ook hy wat drie maande later my weer aangespoor het om maar weer die stofpad aan te pak en saam met my die Mabalel Loop gaan ry het sodat ek net my mind weer op die regte plek kon kry.

En toe gebeur dit ... ons besigheidsbelange brei uit en Roan moes Nelspruit verlaat ... tydelik maar noodsaaklik en hier sit ek toe stoksiel alleen. Ons nuwe belange het ons met sake vennote in Durban gekoppel en dit beteken dat daar vergaderings is wat bygewoon moet word. So kom dit toe dan ook dat ons in die laaste week van Julie 2008 'n tegniese vergadering moes bywoon. Vir 'n hele paar dae voor die vergadering het ek gewik en weeg of ek die pad moes vat met die bike. Aanvanklik sou Roan my met sy bike op Piet Retief ontmoet en dan sou ons daarvandan verder saam gery het. Twee dae voor ons vertrek verneem hy toe dat hy a kollega saam met hom moes neem van Pretoria na Durban en skielik was die bike nie meer 'n opsie vir hom nie. Hy het my gebel en voorgestel dat ek maar liewer met die kar moet ry. Ek was half onseker en het soort van ingestem ... dit was Vrydag, ek moes Maandag ry. Gedurende die naweek het ek net eenvoudig besluit dat ek die bike gaan vat. My vrou was nie baie gelukkig nie en Roan was ook effens knorrig.

Wel dis nou hoe dit is, my saalmaat is weg en ek gaan nie nou weer ophou bike ry nie.

Maandag oggend het my vrou my dopgehou terwyl ek die bike gepak het en toe ek my riding gear aantrek was sy duidelik nie baie gelukkig nie.

"Dis vêr en jy is alleen ..." Ek het niks gesê nie en net aangetrek en met my eie demone gestoei. Oppad stoor toe loop ek verby my X5 en vir a oomblik twyfel ek nog maar toe kyk ek na die LT, kyk uit oor die vallei en besef dat my siel en gees hierdie trip meer nodig het as wat ek die gerief van 'n kar nodig het. Met honderde malende gedagtes sit ek my helmet op en klim in die saal ... die uitdrukking op my vrou se gesig spreek boekdele maar ek glimlag en stoot die groot fiets van sy center stand af.

"Bel my .... !!!" is die laaste woorde wat ek hoor van my vrou en toe moet ek my bearings bymekaar skraap en stewig vasvat want voor my lê die Rhenosterkop Trail ... 1 kilometer grondpaadjie wat defnitief nie LT vriendelik is nie.

Met 'n salige gevoel van wellewendheid draai ek die LT in die teerpad in na 6 minute van senutergende glip en gly. Die groot fiets maak so swierige boog in die teerpad in en 'n ligte trekkie aan die die regter handvatsel laat hom grasieus regop kom en hy grom diep as ek sy oor trek.

Die son skyn helder en daar is a ligte byt in die lug, ideale bike ry weer. Met 'n gevoel van vreugde in my leun ek in die eerste draai in en met genoegdoening voel ek hoe die fiets die kronkel na links opeet terwyl ons steeds versnel. Die volgende kinkel is skerper en nou moet ek so bietjie toemaak want ek het mos belowe ek gaan hierdie LT se onderstel nie weer so verinneweer soos die vorige een nie. 'n Stukkie reguit en dan slap regs en ons gly oor die kruin ... die vallei is nou agter my en ek skuif myself reg in die saal.

En so begin my eerste langpad trip sonder my saalmaat. Daar lê sowat 700km voor my maar die LT pomp my vol vertroue en ek begin die demone stadig maar seker een vir een in 'n boksie in te druk. Bietjie verkeer deur die dorp se buite wyke en toe draai ek links in die Barberton pad in. Teen die tyd dat ek teen die berg af is op die nuwe pad is ek rustig. Nou is dit net konsentreer en wakkerloop ... Durban is nog vêr. Ek het reeds besluit dat daar nie gejaag gaan word nie en ek hou die LT in my gemakzone ... hy kan natuurlik heelwat meer doen maar dis nie my saak nie.

Saam saam kronkel ek en die fiets Nelshoogte uit en toe ek oor die kim gaan kan ek dadelik voel dat dit heelwat kouer op die Hoëveld is as wat dit in die Laeveld is. Die lang kronkelpad af Badplaas toe glip verby en toe die eerste afwyking. Die vulstasie net voor Badplaas is waar ek en Roan altyd gestop het vir a rokie en 'n geselsie. Hier het ons gewoonlik ons koppe in die regte plek gesit vir die trip want dis hier waar ons gewoonlik eers werklik weg was van ons daaglikse roetine.

Ek sien die vulstasie aankom en vir 'n oomblik laat ek die bike spoed verminder maar toe wonder ek ...

"Vir wat ... ek is nie lus om alleen daar te staan nie."

Die vulstasie glip verby en dan draai ek links Lochiel se kant toe. Op hierdie stuk pad is daar baie rondloper beeste en ek hou my gedagtes by die pad. Ek draai regs en na 'n paar kilometer op die vlakte begin ek die rant opklim. 'n Man in a Mercedes E something is voor my en hy is vasbeslote om voor te bly. Ek glimlag net in my valhelm en plak die LT aan sy bumper vas ... so 100 meter agter hom en laat hom maar begaan. Ons draai regs na Ermelo se kant toe en die Merc maak gatskoon vir al wat hy werd is. Die kilometers vlieg verby en skielik gaan sy flikker aan ... 'n vinnige blik na die navigator bevestig hy is te vroeg en ek wuif vir hom as hy links afdraai. Nou is ek weer alleen op die pad en ek verstel my spoed. Dan kom die instruksie van die navigator af ... LINKS HIER VOOR ...

Ek draai links af na Amsterdam toe en hier is weer een van my en Roan se rookplekkies. Hierdie keer stop ek ... ek is nou bietjie meer as 'n uur in die saal en wil my bene so bietjie rek.



Dis ook hier waar ek my kamera uithaal en op sy regte plek sit, om my nek ... ek het die oggend vroeër nie lus gevoel vir die kamera om my nek nie, ek het genoeg demone gehad om mee te veg en was nie nog lus vir die kamera ook nie. Ek steek a sigaret aan en die blou rook krul lui lui die lug in.

Winter op die platorand en daar is vanoggend nie a windjie wat trek nie. Ek voel die ysigheid in die lug en die LT vertel my dis net so skraps oor die 6 grade. Nou mis ek my ou maat en ek stap weg van my fiets af. So 100 meter padlangs en dan weer terug. Ek voel nou goed en die LT loop soos 'n droom.

Die GS is nou wel 'n lekker fiets maar die ou grote is darem gebou vir die langpad. Die sigaret is klaar en ek zip toe en klim in die saal. Van hier af vorentoe is daar nou 'n lang stretch oor die Hoëveld en nou gedurende die winter is dinge maar vaal en dood. Ek het oor die jare al geleer om myself besig te hou met die soek vir foto geleenthede en dit is wat ek nou weer vanoggend doen. As jy bereid is om diep te soek sal jy altyd iets moois in enige landskap sien. Vir my is dit belangrik om die momente vas te vang wat die ryery vir my besonder maak want dis wat ek met my familie en vriende wil deel. Ek probeer om hulle in gees saam met my op die bike te sit en wys hulle die dinge wat my laat glimlag het. Hierdie fotos is ook wat ek bêre as brandhout vir die outyd.























Die skerp kontraste en teksture in 'n winter landskap offer goeie geleenthede om so bietjie "memories" weg te pak.























Dis waar die landskap breek en oor rante gaan is waar ons mooi fotos kan kry.























Die lang kronkel deur die rivier vallei en die bult uit is besonders vir my en ek laat die kamera ook kantel om bietjie meer atmosfeer in die foto te sit.

So om en by 45 minute later is ek in Piet Retief. Hier soek die LT nou bietjie sous en ek rook terwyl die pompjoggie die bike se dors les. Ek het 'n bottel water in my saalsak en vat 'n paar lang trekke. Gewoonlik eet ek en Roan hier maar vandag is ek nie lus vir dit nie. Eet is mos nie iets wat lekker is as jy so op jou eie is nie. Nog 'n sigaret en toe is ek terug in die saal. Van hier af is dit Paulpietersburg toe en dan Vryheid. Twee dorpe wat ek goed ken van my kinderdae af en in my latere lewe het ek en my broer groot besighede in die area gehad. My pa is op Paulpietersburg begrawe en die klein dorpie het 'n baie spesiale betekenis vir my. Die pad is vol lang golwende opdraandes en afdraandes soos dit die kontoer van die heuwels volg en plek plek sny die pad deur kommersieële plantasies. 'n Mens moet wakker wees op hierdie paaie want baie hout word met trekkers en sleepwaens vervoer en jy wil nie oopketels oor a bult of om 'n draai kom en hier kruip a trekker en sleepwa teen 20kmh voor jou nie terwyl daar a sperstreep is en die pad maar nou is nie. So het ek op a vorige trip amper myself in die grill van 'n motor vasgesmeer in my poging om 'n trekker te mis. Net voor Vryheid stop ek langs die pad in 'n plaaspad ingang ... omdat ek alleen is gebruik ek nie die geriewe by die vulstasies nie want daar is nie iemand wat 'n ogie oor my bike kan hou terwyl ek binnekant is nie. Hier tussen die skourhoog tamboekie gras is ek gemaklik en kan self 'n ogie op my bike hou.























Ai ek mis my ou saalmaat kwaai.

'n Sigaret en dan is dit weer opsaal. Ek kyk na die roete log op die navigator en ek kan sien dat ek goed ry ... "Moving Average" is so net duskant die 122kmh en dus nou net so skraps na 14h00 en ek is so om en by halfpad. Van hier af is dit nou oop Natalse grasvlaktes en 'n mooi pad tot by Melmoth. Ek het 'n bykanse fanaties beheptheid met die bome langs ons paaie en ek het honderde fotos van die wat ek gereeld by verbyry. Hierdie wagters langs die paaie laat my verbeelding loop neem en ek probeer altyd imagine wat hulle al alles in hulle lewe gesien verbygaan het.

Die fotos wat nou volg is almal so bietjie aangepas teneinde 'n beter atmosfeer vir my te skep. Ek weet baie puriste hou nie daarvan nie maar dis mos nou maar so ... smaak verskil ;)

Net na die Vryheid Dundee kruising staan hierdie gestrooptes ... rustig en kalm, geduldig en statig terwyl hulle wag vir die nuwe groei seisoen.























Wagters op die grasvlakte ...

Die pad van Vryheid na Melmoth gaan deur van die mooiste landskappe en ek moet altyd pasop dat ek nie mal raak met my kamera nie. Waar die pad deur die rante gesny is kan mens skerp kontraste in teksture sien en ek vind dit moeilik om nie af te neem nie. Dan is daar ook die vistas as jy so oor die waterskeidings gaan en hier is dit absoluut stunning om te sien hoe die lig op die verskillende kontoere speel.

Ek is op a goeie tyd in die area want die sinkende son maak dinge amper toweragtig mooi. Terwyl ek nou so na die fotos kyk probeer ek dink aan woorde om die ervarings op so pad te skilder.

Vir my is die sensasie van spoed op a fiets nie die grootste trekpleister nie. Nee ... vir my is die magic wanneer jy op a blinde draai afkom en outomaties spoed verminder, die sensasie wat deur my spoel terwyl ek afrat en in die draai in leun ... elke senuwee vlymskerp gefokus ...

"Wat as daar a trok staan ?"

"Wat as daar mense of diere in die draai is of a pothole ?"

... maar net 'n paar van die dinge waaraan ek dink terwyl my regter voorarm tintel onder die konsentrasie om die spoed te beheer terwyl twee vingers liggies op die handrem rus en my regtervoet net so effens verskuif sodat die rem pedaal vinniger bygekom kan word. Terwyl ek hierdie dinge byna onbewustelik doen grou my oë vir a vastrapplekkie sodat ek om die draai kan sien maar die vastrapplekkie ontwyk my na al die jare nogsteeds.

Dan maak die draai stadig meer oop en my sigruimte word langer ... sonder om te dink rol ek die handvatsel so knertsie aan en die 1200 cc masjien verorber die bietjie ekstra sousies gretiglik en in ruil kan ek voel hoe die fiets harder begin trek onder my bas.

Dan is die draai oop en die die masjien grom van lekkerte as die sous begin instroom in sy oopgerekte keelgat af. Ek druk so klein bietjie harder om die fiets binne sy lyn te hou want nou wil hy mos alewig wyer neuk ... die pad word reguit en met a gevoel van genoegdoening sien ek hoe die fiets regop kom en die volgende rat verwelkom. Dit is een van die plekkies op die pad wat my seker vir altyd sal laat ry. Ander dag sal ek weer vertel van 'n ander lekkerte op die pad.
















































So skuins na 15h15 rol ek in Melmoth in en dit was lekker om bietjie af te klim en my bene te rek. Met die wat ek alleen ry stop ek baie minder en as ek stop is dit net vir a kort rukkie. Terwyl die LT vol gemaak word kry ek vir my a Coke en a pakkie chips. Ek is nogal honger want ek het nie middagete gehad nie. Ondervinding het my egter geleer dat dit dwaas sal wees om nou serious te eet. Ek ly aan die ongemaklike Sindroom X en dis bykans selfmoord indien ek verkeerd eet terwyl ek op die bike is.

Die was nou my laaste petrol stop en ek laai die gastehuis in die GPS in ... maar nee ... die ding wil niks weet nie ... die naamveranderings van strate is nie goed vir GPS'e nie en ek besef dat ek Roan sal moet bel. Dit sal ook interresant wees om te hoor waar trek hulle. Tien minute later is ek weer oppad en die son begin nou pla ... hy vang my regteroog op a slegte hoek van die kant af en ek ry swaar. DIe pad wemel van die trokke en lang toue karre. Spoedig begin ek afsak na die vlakte voor die see.





























































Die sinkende son speel op die suikerriet pluime.























Net na 17h00 ry ek by die Ultra City in en besluit om hier a ordentlike stop te maak. Ek was nou minder as 100km van my bestemming af en die sinkende son is lastig. Ek wou ook nou my kamera wegsit want die lig is te swak vir die hoë spoed shots.

Hier kom ook nou agter hoe stupid die mense dinge by die plek bestuur. Hulle sluit die Diner 17h00 en dit beteken ek moet maar so staan staan a versnappering geniet. Ek bel my familie en ook vir Roan. Ons sal omtrent dieselfde tyd by die gastehuis aankom.

Dit was 'n lang dag in die saal maar ek het dit geniet en alhoewel ek my vriend erg mis op die pad is vir my belangrik dat ek vrede kon maak met die feit dat ek voortaan baie meer alleen sal moet ry.

Die LT loop soos 'n droom en vandag het ek weereens besef dat ek geen ander fiets ken wat die langpad so gemaklik aanvat nie. Ek kan ook voel dat die engine begin loskom en die bekende gesuis as jy die BMW K1200's se revs opjaag is besig om meer solid te raak.

So om saam te vat ... ek was gelukkig en my fiets het presies gedoen wat ek van hom verwag. Ek het die mental block teen alleen ry gebreek en op die koop toe het ek amper a vakansie in een dag gehad.

Dankie dat jy gelees het en ek hoop jy het dit geniet. Ek was in Glenwood 18h45 ... 689km teen 'n gemiddelde spoed van 118kmh.























Die ligroos refleksie van die sakkende son glim op die LT se bakwerk ... vir my is dit 'n manjifieke fiets.























Dankie Roan vir al die wonderlike myle wat ons saam plat gery het en onthou dit ... Ek laaik dit niks om sonder jou op die pad te wees nie.

Ek het my demone vandag in die oë gekyk en hulle aangevat ... en ek is bly om te sê ek het hulle oorwin.

Alhoewel ek altyd eerder saam met my ou saal maat sal wil ry het ek weereens bewys dat ek nogsteeds soos in die ou dae, alleen die langpad kan aanvat. Natuurlik moet ek bietjie beter beplan, bietjie meer oplettend wees en so bietjie meer konsentreer maar ek kan dit doen.

Dis eintlik vreemd dat ek, wat bykans soos 'n hermiet leef, hierdie verlies aan my saal maat so erg aan my lyf gevoel het.

Oorspronklik gepubliseer op 3 Augustus 2009

Slagoffers of smartvrate ... besluit self


Vir die wat my goed ken sal dit nie vreemd wees dat ek hierdie briekmerk vandag slaan nie. Die wat my nognie ken nie sal maar moet seker maak hulle het die maagspiere wat nodig is om hierdie een te lees.



Nou met die feeseisoen agter die rug is dit weer tyd vir so bietjie lykskouing. Ons is tot vervelens toe gevra om aan die minder bevoorregtes te dink en 'n gebed op te stuur vir die wat in smart en pyn is. Nouja ek weet dat daar baie mense is wat regtig ondersteuning nodig het maar ek weet ook dat daar hel baie mense is wat net eenvoudig smartvrate is. Vir die het ek nie regtig veel simpatie nie, hulle is die makers van hulle eie ongeluk.

"Jis maar jy is gevoelloos !"

Ja jy kan seker maar so sê maar kom ons kyk bietjie nugter en emosieloos na 'n paar gevalle ... gevalle en omstandighede waarvan ek seker is dat baie van julle sekerlik ook intieme kennis het.

So jaar of wat gelede maak ek kennis met Sanet ... natuurlik nie haar regte naam nie want ons wil mos die onskuldiges darem beskerm. Sanet se eerste huwelik het op a ramp uitgeloop en sy het haar kind gevat en geloop.
Die hele EX ding was lelik en vrot van die emosies maar die besonderhede is eintlik onbelangrik nou. Feit is sy was gelukkig en het weer geleentheid op geluk gekry en dit met albei hande aangegryp.
'n Wonderlike tyd verloop en sy word weer verryk met twee pragtige kinders. Nou was dit sy en Gerrie, die nuwe man in haar lewe, Petrus, haar seun van die EX en die twee kleintjies.

Byna storie mooi.

Maar toe gebeur iets wat almal se lewens sou omkrap. Die EX verskyn en met 'n slim slenter oortuig hy vir Sanet dat hy verander het en graag bietjie tyd met Petrus wil spandeer.

Sy stem in want sy is mos ook 'n mens met gevoelens. Foutjie ... EX laat spat met die kind en toe sy eers mooi tot verhaal kom toe is dit hofsake.

Die details hiervan is ook nie regtig belangrik vir my briekmerk nie ... wat belangrik is vir my is dat ons by die realiteite bly.

Sanet het nou so gefokus op Petrus en haar smart dat dit Gerrie en die twee kleintjies heeltemal verswelg het. Duisende rande word gespandeer op hofsake en elke dag is vol van Petrus stories.

Die optrede is vir ons almal verstaanbaar en ek glo dat die meeste wat hier lees 100 persent met Sanet kan meeleef. Maar daar is so paar vragies wat moet beantwoord moet word ...

Hoe moet Gerrie voel ... hy het geen aandeel in die smart nie, inteendeel, dis hy wat Sanet gekies het en haar lewe weer heel gemaak het na die EX crash.
Hoe moet die twee kleintjies voel ... hulle is nog te klein om te verstaan wat aangaan maar hulle beleef die emosies deur hulle ma.
Hoe moet haar vriende en familie voel ... hulle het ook lewens maar Sanet se smart verhaal slaan die heeltyd die voorblad.

Wat is die antwoord ... dit weet ek nie maar wat sê die wiskunde ...

Wel, Sanet moet die goeters in glasbakkies sit en dan kyk waar is die meeste waardes ... soms moet ons keuses maak, moeilike keuses maar ons moet kies ... uit die voorafgaande kan dit maklik lyk of Sanet reeds gekies het en dat sy Petrus se bakkie gekies het ... dis egter sekerlik nie die werklikheid nie want vir haar tel alles. Die aaklige waarheid is dat die in die ander bakkies dink nie so nie want hulle sien haar net draai om die Petrus bakkie.

As Christen gelowige moet ons mos die Bybel se raad volg ... wees gerus, God is in beheer. Maar o wee ... dis mos darem so moeilik om nie kort kort self na die stuurwiel te gryp nie ... ons dink mos ons kan beter doen.

My advies aan Sanet ... raak rustig en vertrou op God ... en fokus op dit wat jy het en nie op dit wat nou op hierdie oomblik verlore lyk nie want sy kan dalk een oggend wakker word en sien dat al wat sy oor het is haar jaagtog na Petrus.

Kom ons kyk na nog a storie ... die Storie van Danie. Hy het het hard gewerk en 'n goeie besigheid opgebou en weldra het hy in die geld gerol. Elke nag was a partytjie en die blink nuwe motors het sy jaart vol gestaan. Hy was omring deur mense wat hy as sy vriende beskou het en elke aand het daar nuwes opgedaag. Die drank en kos het gevloei en geborrel en Danie was die man van die oomblik.

In sy opbou van die besigheid het hy sy eerste huwelik op die rotse sien loop en Louisa is weg met hulle seuntjie. Hierdie riller het Danie net rede gegee om meer te kuier en spoedig het hy vir Christina aan sy sy gehad. Blits romanse en toe weer a huwelik. 'n Dogtertjie uit die huwelik en ek dog nou sal die man bedaar. Maar nee ... die gefuif gaan net aan en spoedig kan Christina ook nie meer uithou nie.

Danie laat hom nie van stryk afbring nie en die ramp is nog a rede vir hom om hard te kuier. Hy kry vir hom a ander huis en gaan aan asof die verlede nie bestaan nie. Die twee kinders word met geld gegooi maar van werklike vaderskap is daar weinig tekens. Vir elke krisis in sy lewe was sy oplossing ... koop nog goeters. Danie het geglo dat geld alles kan regmaak ... toe nie !

Een mislukte verhouding op die ander volg maar die drinkebroers sirkel word net groter. By 'n paar geleenthede het ek met hom probeer praat maar sy ore was toe vir rede ... al wat hy goed kon opvang was waar en wanneer die volgende partytjie gehou gaan word.

Nouja ... die lewe is mos soms wreed en soos baie al weet, Karma is a Biets. Toe Danie weer een oggend mooi wakker skrik toe het van sy werknemers en drinkebroers sy besigheid onder om uit.

'n Suksesvolle besigheidsman was hy maar as mens het hy lelik gefaal. Tydens die ineenstorting het hy met verbystering gestaan en kyk hoe alles rondom hom verdamp. Die drinkebroers het een een weggeraak en vandag is hy 'n eensame mens. 'n Lewe van vergryping agter hom maar geen soliede verhoudings nie.

Wat vir my die grootste tragedie is, is die feit dat Danie weier om te erken hy het aandeel in sy eie ondergang gehad en hy is konstant op die simpatie jag uit en hy is die verontregde. Sy dae word omgebring in verwyte en beskuldigings. Jare van geilheid het hom nie geleer om die klein dingetjies in die lewe te waardeer nie. Hy het nooit geleer dat verhoudings met vertroue gevoed moet word nie, met respek hanteer word nie en dat geld nie werklike vriendskappe kan koop nie.

Nou in sy uur van nood is hy alleen en sy houding van verontregting maak die mense naby aan hom senuweeagtig.

My raad aan Danie ... Man up en aanvaar skuld vir jou eie aandeel in jou ondergang. Begrawe die verlede en fokus op die hede. Behandel mense met respek en wees dankbaar vir die wat oor jou pad kom.

Hier het ons nou twee gevalle gesien en in albei gevalle is dit die mense self wat die keuse moet maak ... fokus op dit wat nou haalbaar is en los die verlede uit. Vertrou op God want hy sal dit laat gebeur wat moet gebeur.

Besluit self of jy 'n slagoffer is of 'n smartvraat ... slagoffers staan gewoonlik weer op, stof hulle self af en gaan aan ... smartvrate teer op mense se emosies en rol in hulle smart rond net om simpatie te kry.

Lekker 2014 vir julle almal en onthou ... JY HET ALTYD 'n KEUSE ... die vraag sal net bly ... kan jy saamleef met jou KEUSES.

Lees gerus "Van Kerse en Vriendskappe ..." ook ... sluit nogal aan by die een.

Kyk gerus ook na hierdie video .... Keuses

Oorspronklik gepubliseer op Vrydag 3 Januarie 2014

Hoe gelyk is gelyk nou eintlik ...


Hierdie Briekmerk is een wat nou al so tydjie by my spook maar ek het nog nie regtig reg gevoel vir hom nie. Vannaand was dit egter die laaste strooi ... daai een wat my net so omgekrap het dat ek nie anders kan nie.


Ek kyk Carte Blanche op Mnet en die ding oor die geweld by skole ruk my eerste nerf af ...

Hoe de hel dink die mense in beheer gaan hulle die land weer herstel en terug plaas op die pad van voorspoed vir almal. Skole is nie meer daar vir kinders om te leer nie ... nee dis 'n plek waar onheil uitbroei en stoutgat kinders beskerm word deur die Staat en die Sisteem. Onderwysers met jare se ondervinding gee pad en kinders se opleiding gaan net eenvoudig agteruit. Op die ou einde is die kinders se toekoms wat moerland toe is maar dis nog slegter vir ons land.

Dan sien ek die stuk oor Goldfields en die miljoene der miljoene wat uitbetaal is vir omkopery.

Goeie genade ... dis byna pornografies soos hier gesteel en omgekoop word en dan skreeu die blixems BEE.

Toe kom die stuk op oor die Bloulig Bendes ...

Wat 'n tragiese dag is dit nie vir ons land nie ... jy as burger kan gladnie meer jou plig nakom en gesag respekteer nie want die instrumente van gesag is in die hande van die kriminele geplaas. As jy 'n bloulig sou gehoorsaam, soos 'n goeie burger moet, dan is die kans hel groot dat jy vermoor, verkrag of beroof gaan word.

Nou wonder jy seker al klaar ... waar is die briekmerk ?

Wel ek gaan by hom uitkom ... die laaste ding wat ek sien is van die witmense wat in die swart gebiede gaan bly het of bly. Die details is nie regtig belangrik nie maar ek luister na die kommentaar van sommige swartes ...

"I saw these whites here in their shack, but I see nothing that they are doing for the community."

My goeie donner ... omdat die wit ou daar kom bly nou moet hy DO SOMETHING FOR THE COMMUNITY ... wat doen hulle vir hulle eie community ?

Die EFF verkondig wyd en suid hoe hulle 'n gemeenskap gaan skep waar almal gelyk is ... wat bedoel hulle daarmee ?

As ek na 'n sekere groot EFF voorbok se uitlatings op Facebook kyk dan sien ek hulle wil al die grond by die wittes wegvat en dit verdeel tussen al die mense in die land. Hulle wil almal gelyk sien ... nou wonder ek, hoe werk hy daai een uit .... gaan almal nou kantore in 'n gebou kry, salarisse trek en geen werk doen nie en net die tyd om kry ?

Die mense laat dit klink asof dit kapitalistiese waansin is dat daar werkers in a gemeenskap is. Maar hulle dink nie en skreeu net GELYK.

In werklikheid is gelykheid 'n begrip wat nie regtig op mense van toepassing gemaak kan word nie. Hierdie Kordaat Soldaat op Facebook is klaar nie gelyk met sy volgelinge nie ... nee, hy is mos die slim een en dus is hy die leier ... al die ander lede is gelyk onder hom.

Kordaat Soldaat ... jis dis a lekker naam ... ek gaan dit bietjie op sy wall post.

In enige gemeenskap, gesin, land of kontinent sal daar altyd leiers wees, altyd bestuurders, altyd entrepeneurs en altyd werkers. Kordaat Soldaat sien dit nie so nie ... hy reken blykbaar dat niemand moet werkers wees nie.

Hierdie mense is gevaarlik vir ons almal, hulle skep verwagtinge en versin hersings skimme waarmee hulle mense aanhits tot geweld. Hy will almal gelyk sien maar die koue realiteit is dat dit nooit gaan gebeur nie ... die beste waarvoor ons almal moet veg is dat almal gelyk is in die oë van die REG ... dis waarvoor ons moet veg met hand en tand. As 'n Minister steel moet hy dieselfde straf kry as die plakker wat steel.

Kordaat Soldaat moet liewer gaan kyk hoe het sy mede burgers al die werkende meganismes afgetakel wat geskep was om mense te help om hulle self op te hef.

Nou gaan ek stop want ek dink alweer aan ander goeters waaroor ek moet skryf en dit gaan net hierdie briekmerk besoedel as ek dit nou doen.

Hierdie streep lê nou in my spieëltjie en die volgende draai kom alweer aan.

Oorspronklik gepubliseer op SOndag 3 November 2013


Vir my is dit manslag, vir ander is dit vooruitgang ...


Pas die dingetjies op wat geld nie kan koop nie.

Vandag is daar 'n rouplek in my siel, 'n snaakse treurigheid wat my weereens laat besef hoe tydelik alles op hierdie ou aarde is. 'n Plant is vermoor of liewers, sommer net doodgemaak sonder dat daar eers 'n oomblik van stilte was of sal wees. Vir my is dit asof 'n stukkie van my anker aan hierdie aarde omgeruk en uitgepluk is ...

Vir bykans twintig jaar het hierdie manjifieke plant my elke jaar in die laatwinter hoop gegee ... wanneer alles redelik vaal en droog is dan ontplof sy pragtige blommekroon in die helderste oranje en basuin uit ...

"Die somer gaan kom!"

As die blomme oopgaan dan is daar bye en voëls wat kom partytjie hou en elke dag as ek hom sien dan word ek opnuut verfris met die wete dat die lewe gaan voort en die seisoene gaan draai. Oor die jare het die aalwyn 'n belangrike stukkie mooiheid op my pad gesit en my telkens herinner dat die tyd vir niemand wag nie.

Hierdie plant het talle veldbrande en storm winde oorleef en elke jaar met trots gewys dat hy nog 'n jaar oorleef het.

My grootste spyt was altyd dat die plant buite my grond staan en ek het baie gewonder of iemand sou sien as ek hom sou verplant, maar my ingebore respek vir ander mense se goeters het verhoed dat ek ooit tot die daad oorgegaan het. Ek was dom !

Onlangs verneem ek dat ek 'n nuwe buurman het en bel hom. Ek praat en gesels oor dinge in die algemeen en vra hom uit oor sy planne met die bulldozer wat hier aangekom het. Hy verduidelik dat hy net die lyndrade wil oopstoot om nuwe draad te span en so bietjie van die groot sekelbosse wil uithaal. Nouja daarmee kan ek mos saamleef en verstaan die rede.

So gebeur dit dan dat die bulldozer Vrydag begin brul ...











Ek stap af na die grensdraad toe net om te kyk wat presies aangaan en is baie bly om te sien die aalwyn is ongeskonde ...



Nouja mens moet soms bietjie hardhandig werk om die omgewing beter te maak en ek vertrek op my beplande wegbreek Bosveld toe. 






Ek is 'n ou wat die klein dingetjies in die lewe baie hoog op prys stel. Ek het talle fotos van klein veldblommetjies en soos ek oor my plaaspad ry kan ek jou vertel watter blommetjies watter td van die jaar waar gaan kop uitsteek. Toe ons ry wys ek die aalwyn se oorlewing uit aan my vrou en ons gesels sommer lekker oor al die dinge wat ons al bekyk het rondom die plant.

Sondag toe ons terugkom wys ek weer na die aalwyn en merk op aan my vrou dat die plant hierdie jaar nogal sleg geblom het ... laasjaar was dit amper onbeskryflik. Ons wonder oor die redes daarvoor en die gesprek verander toe ek by 'n klipbank verby ry en gewaar dat die eerste daisy sy kop uit gesteek het.



Soms was ek al lus en haal hulle uit en plant hulle in my tuin maar ek voel altyd hulle is soveel beter af daar waar hulle self opgekom het en dan los ek dit en hou net my oë oop vir die dag wat hulle my verras met hulle pragtige blomme.









Vanoggend word ek wakker met die gedreun van die bulldozer en frons ...

"Wat nou ?"

Ek vat my kamera en stap af draad toe. Die lyndraad oopstoot ding het nou 'n nuwe dimensie aangeneem en my siel sidder toe ek sien wat gaan aan.



Dis nie meer net selektief skoonmaak nie ... nee wat ... takke en bosse val soos koring voor a sekel en word afgemaai sonder seremonie. My geliefde aalwyn is verpletter en vermorsel tot a mengsel van bas en gebreekte blare ... geen kans op redding nie. My hart gee so ruk en ek swets op myself omdat ek hom nie uitgehaal het nie. Niks kan gered word nie.


Is ons as mense nie soms te geneig om die soort vernietiging te laat plaasvind en net ons skouers op te haal nie. Is dit nie miskien die rede hoekom ons mense lewens ook deesdae so goedkoop geword het nie ... is dit nie die rede hoekom 'n man van sewentig met brutale geweld verbrysel word vir 'n selfoon nie ?

Ek vra maar ...

Is ons nie die oorsaak vir die verlies aan waarde wat ons lewens ervaar nie ?

Ek is nie lus vir 'n politieke debat vanoggend nie ... my hart is te seer. Gelukkig het ek goeie herrinneringe en ek het die fotos ... natuurlik nie genoeg nie want soos met baie dinge het ek bloot net aangeneem dat hy volgende jaar weer sal blom en dan sal ek beter skote kry ...

Hierdie briekmerk het so lelike taai begin plekkie waar die teer die rubber gesmelt het met die skop slag ... dink daaroor, die klein dingetjies om ons wat ons so vanselfsprekend aanvaar ... hulle kan maklik verdwyn.

Krap maar jou hond se kop voor jy in die kar inklim, hy is dalk vannaand nie meer daar as jy terugkom nie. Smile maar vir die koerantverkopertjie, die kar agter jou kan hom doodry.

Stop vir 'n oomblik en kyk na die mooi blomme aan die boom op die sypaadjie ... volgende week word hy dalk afgekap omdat iemand besluit het die gemors van die blomme pas nie hulle winkelstoep nie.

Groetnis ...




Weg vir altyd ...







Oorspronklik gepubliseer op Maandag 11 November 2013.