Vrydag 24 Januarie 2014

Van kerse en vriendskappe ...


Nogal lanklaas dat ek 'n Briekmerk gelos het maar die lewe is mos volspoed en ons moet bybly of agterbly ...

Vandag se Briekmerk is sekerlik een wat baie van julle ook al of gesien het of self gelos het. Dit gaan oor vriendskappe en hoe die dinge verloop. Ek is vas oortuig dat vriendskappe tussen mans baie anders is as vriendskappe tussen vrouens maar verseker gaan ek dit nie debatteer nie want dan gaan my bek bloei. So, ek sal maar by dit bly wat ek ken en verstaan ... vriendskappe tussen mans.

Mans vriendskappe gaan soms diep en sny oor die lyne van alle ander verhoudings in mans se lewens, selfs oor die verhoudingsgrense tussen 'n man en sy vrou. 

Hoekom is dit so ... ek weet nie mooi nie maar ek glo dis omdat mans 'n oer instink het wat hom laat besef dat goeie vriendskappe met ander mans maak sy eie kans op oorlewing beter. En as hy oorleef dan oorleef sy familie outomaties saam met hom.

My ondervinding is ook dat mans wat in diep vriendskappe betrokke is, gewoonlik ook baie meer vergewings gesind is teenoor ander naastes en hulle nie te kras oordeel nie, miskien omdat hy sy sekuriteit kry uit sy vriendskap of vriendskappe uit en nie maklik bedreig voel nie. Mans deel baie sleg met abandonering en dit is altyd in sy agterkop. 'n Goeie vriend verskans hom teen die bedreiging en dus is hy meer geneig om ander verhoudings met meer vergewingsgesindheid te behandel.

Vriendskappe tussen mans ontwikkel ook nie gewoonlik baie vinnig nie maar oor tyd word vertroue verdien en stelselmatig word bande gesnoer wat die toets van die tyd deurstaan. Mans vriende kan in argumente betrokke raak en dit kan soms woes gaan maar later is 'n eenvoudige "sorry" al wat nodig is om die onderonsie in die vergetelheid te laat verdwyn.

Mansvriende dra ook nie wrokke nie, wel nie gewoonlik nie. As daar wrokke gedra word dan is dit nie ware vriendskap nie.

Nouja, wat ook waar is, is dat soos die tyd aangaan word 'n man se kans om goeie vriende te maak al hoe skraler. Dit beteken dat as mans eers by 40 verbygaan en hy het nie goeie vriende nie, dan is die kans dat hy ooit ware vriendskap gaan ondervind ook baie skraal. Hoekom ... wel ek dink dis maar omdat op die ouderdom is daar teveel ander lewens verhoudings wat keer dat mans mekaar goed leer ken. Dis as ons jonk en mal is dat ons wilde dinge aanvang en ons broeders in die debakels beleef die angste en vreugdes saam met ons. Dis die gom wat mans vriendskappe aanmekaar plak.

So om en by op 25 het mans gewoonlik a klompie vriende wat as goeie vvriende beskou kan word en dan begin die lewe hulle afmaai ... troues, geografiese verskuiwings en dies meer begin die bande afskaaf en teen die tyd wat ons 40 bereik is daar gewoonlik maar net so 2 of 3 oor. Dit is natuurlik en ons kan dit hanteer. Dis raar om na 40 weer van nuuts af a vriendskap te bou en as dit gebeur is dit 'n kleinnood wat bewaar moet word.

Nouja waar is die briekmerk ?

Wel ek het die paadjie met vriende ook gestap en op 40 was myne uitgedun tot 1 en op 43 toe is my vriend dood aan a hartaanval. Vir weke het ek oor my vriend Willem getreur, dit was asof daar a gat in my lewe geskiet is. Mettertyd het die wond genees maar die gemis sal nooit weggaan nie ... tot vandag kry ek myself dat ek iets vir Willem wil sê.

Toe ontmoet ek vir Alan deur a besigheidstransaksie en oor a tydperk van 5 jaar word ons goeie vriende maar toe maai die lewe hom ook af en daar sit ek weer ... 'n hopie grond agter my en a groot gat in my toekoms.

My werk het my 'n hermiet gemaak en dit was seker maar my behoud. En toe ontmoet ek vir Robert, hy was bykans 20 jaar jonger as ek maar ons sielle het ontmoet en 'n sameloop van omstandighede het ons in a kookpot ingegooi wat ons vriendskap getemper het. Drie jaar in die ding in toe verskyn Martiens op die toneel en ons word a driemanskap wat die tegnologiese wêreld op sy kop draai. Robert en Martiens is tydgenote en ek is die ou toppie in die verhaal. Oor a periode van 12 jaar het ons sakke vol geld gemaak ... Robert met die idees, Martiens met die skill om te programmeer en ek het die besigheidsplanne aanmekaar gesit.

My ouderdom het die twee jonges getemper en gesorg dat daar sanity in die planne bly. ek was altyd versigtig vir Robert want my instinkte het my gewaarsku dat hy die wilde wind se kind is en ek het a paar lelike ontkomings gehad. Maar nouja ek het my verantwoordelikheid gehad en ek het baie "checks en balances" in ons lewens ingebou om die wilde wind se kind te bestuur.

Toe kom die dag ... ek gaan met vakansie en die twee jonges pleeg verraad terwille van geld.

Dinsdagoggend 4 September 2012 was 'n donker oggend vir my ... Blou Wille Dinsdag ... soos die ure verbygegaan het, het ek al hoe meer besef hoe diep die verraad was en teen 16h00 was ek buite myself van woede, vrees, angs en frustrasie. Hierdie twee ... my vriende, het my a doodskoot gegee ... wel, so het dit gelyk.

Martiens se verraad was vir my die ergste want niks in my geskiedenis het my voorberei vir die skoot nie.

Robert se rol in die verraad was vir my, vreemd genoeg, nie onverwags nie want ek ken hom te goed en sy aandeel het my ook nie veel geraak nie. Martiens was 'n ander storie ... sy aksies het gesny tot op die been en sommer ook so stukkie murg uitgekrap. Hy was ook die een wat summier alle kontak verbreek het alle kanale toegsluit of afgeskakel het. Ek het nog nooit weer van hom gehoor nie. Wat die ergste was, is die feit dat ek die Vrydagaand nog aan tafel gesit het saam met hom en toe het hy reeds geweet wat hy gedoen het. Die soort verraad is onvergeeflik in my boekie.

Oor die volgende paar weke was daar nog kontak tussen my en Robert en die blixem het die heeltyd gemaak asof hy ook a slagoffer was. Soms is slim mense se grootste fout die feit dat hulle dink al die ander mense is dom.

Terug na die briekmerk toe ... Martiens se verraad het a groot gat in my lewe ingeruk en ek het gesteier onder die aanslag. By dag 5 was ek baie hartseer ... nie oor die geld nie maar oor die vriendskap en ek het net deur my venster oor my tuin uitgestaar. My hele besigheid, bestaanreg en inkomste was GONE ... verdamp soos mis voor die son. Tel by die verlies aan die laaste twee vriende wat ek gehad het en die prentjie lyk fo_kk_en donker.

Nou die wat my ken, weet ek is nie iemand wat onmiddelik reageer nie ... ek sal vir ure en selfs dae dink oor wat op die tafel is en dan as ek beweeg dan beweeg ek met a plan en word nie sommer gestuit nie.

Vir my eie selfbehoud was dit nodig dat ek my kop moet skoon kry ... so die eerste taak was om Martiens te verwerk ... die level van sy verraad het my siel verskeur en op Saterdag die 8 ste September het ek gedoen wat ek moes doen om die ding te oorleef ... ek het a kruisie vir Martiens geplant en weggestap van die hopie klippies af in my tuin. Hy is ter ruste gelê. Vir die volgende twee dae het ek gerou en toe roep ek my familie bymekaar en vertel hulle wat gebeur het. Nouja ... dit was a bloedige dag en die raad en voorstelle het lelike dinge ingesluit. 

Aan die einde het ek hulle almal tot bedaring gemaan met die woorde ...

"Ek het 'n keuse ... ek kan hulle aanvat en beveg ... of ek kan opstaan en 'n nuwe begin maak."

As ek hulle sou beveg, moes ek geld en tyd spandeer aan iets wat ek glo geen goeie uitkoms gaan hê nie. 

Om dit te staaf moet ek a paar los aanhalings uit die Bybel maak ...

"Ek sal niks oor jou pad bring wat jy nie kan hanteer nie."

"My kom die wraak toe, Ek sal vergeld ..."

Nouja ek is nie a preacher nie maar ek volg maar net die basics.

Met hierdie beloftes in my kop het ek weggedraai van Martiens en Robert af ... dis verby.

Die volgende 3 maande was wonderlik gewees ... 18 to 20 ure per dag agter die keyboard en in die tyd toe stuur Cassie vir my a naam ... wat a wonderlike daad en die uitkoms maak my weereens honderd persent seker dat ek a Lewende God dien. Halleluja !

Wat is die briekmerk hier ... wel vir my is dit dat ons nie kan bekostig om te tob oor slegte dinge wat gebeur nie ... ons mag nie vir 'n oomblik vergeet dat God ons in sy hande hou nie en as dinge met ons gebeur wat pyn en skok veroorsaak moet ons nooit vergeet dat Hy met alles 'n plan het nie.

Op Blou Wille Dinsdag het ek gedog my lewe moer uit mekaar uit maar intussen het dinge net mooi in plek geval.

Ja ek het twee vriende verloor maar ek het a nuwe mens in my lewe gekry, iemand wat ek dink dalk weer a ware vriend gaan word. Ek het my besigheid verloor, 'n besigheid waar ek saam met ongelowiges in die juk moes trek en in die besigheid se plek het a nuwe een opgestaan. Een met 'n blink toekoms en sonder bagasie.

So, kyk mooi na jou vriendskappe en bewaar hulle maar moet nooit vergeet nie ... niks hou vir altyd nie ... ai daar is mos so briekmerkie ook hier êrens.

Ek skryf hierdie briekmerkie vandag want ek moet nog een kruisie gaan plant ... Robert en ek moet finaal afskeid neem ... dit gaan seer wees maar nie a droewige seer nie ... net sommer seer.

So as 'n kers uitgebrand raak ... dan kan jy aanhoudend die pit uit die gesmelte was probeer lig om die vlam te bewaar of jy kan die nuwe kers in die gesmelte was indruk ... jou keuse !

As die k@k die fan slaan ...


Vandag gaan ek bietjie krap op 'n plekkie waar dit soms vir ons almal jeuk. Hierdie is 'n lelike briekmerk en elkeen van ons beleef dit van tyd tot tyd. As jy nou 'n fyngevoelige siel is gaan jy nie die woord "k@k" like nie en frons as jy dit lees ... maar sorry vir jou ... daar is nie 'n ander meer beskryflike woord as juis dit nie.
Elkeen van ons het al die uitdrukking gehoor of gebruik ...
"O hel ... die k@k het die fan geslaan !"
Nouja ... die groot vraag is altyd ... 
"Wat doen ek as die k@k die fan slaan ?"
Vir almal is dit die kwelvraag ... wat moet ek doen ...

Soos die meeste van julle wat my Briekmerke  lees seker al weet ... ek is 'n ou wat altyd eerste na die "wiskunde" agter 'n probleem gaan kyk. Vir die wat my nie ken nie ... ek glo dat enige en elke ding in hierdie wêreld wiskunde agter dit het.
Terug by die fan ...
Gewoonlik is die eerste reaksie een van skok en of verbystering. Dan kan nog honderde negatiewe emosies volg ... almal gekoppel aan die basies een van skok. Nouja ... geniet daai skok oomblik maar onthou, die k@k spat nou die hele plek vol en almal wat naby daai fan kom is vol spatsels. Selfs die wat jou kan help is skrikkerig want die goed spat orals ...
PUNT EEN: ... Sit af die bleddie fan ... dis hoe jy die verspreiding stop. Moenie nou worry oor die stroom wat op die fan val nie, as hy af is val dit regdeur en land op een hoop wat makliker is om skoon te maak.
Hou op posts maak op Facebook, hou op Skype, hou op Whatsapp, hou op bel, hou op SMS ... hou op om die k@k te versprei !
PUNT TWEE: ... Stop die k@k ... dit is baie belangrik dat jy die stroom nou gestop kry. Ja en ek weet, die kan soms nogal 'n storie wees want jy kan dalk nie naby die oorsprong wees nie en dit gaan beteken jy moet effort insit om by die oorsprong te kom. Moenie nou vol fiemies wees nie ... al beteken dit heupdiep en stroomop in die vloed ... knyp jou neus toe en beur voort want as jy nie die oorsprong gaan stop nie dan gaan jy nooit jou plek skoon kry nie.
Die stoppery mag beteken dat jy om verskoning moet gaan vra, om vergifnis moet gaan vra of eenvoudig jou skuld gaan betaal. Jy alleen sal weet wat is die oorsprong en jy alleen weet baie goed wat jy moet doen om dit te stop. Nou is nie die tyd om vol draadwerk te wees nie, "man up" en gaan konfronteer die oorsprong.
Ok jy het nou die oorsprong gestop. Nou is dit belangrik dat jy die volgende doen ...
PUNT DRIE: ... Maak daai fan nou dadelik skoon ... jy wil nie nog so paar laaste klonte die wêreld in laat skiet nie. Hierdie is 'n belangrike stap want dis net hier waar baie van ons struikel ... jy het mos nou seergekry toe jy die stroom gaan stop het en die mens in jou wil nou darem net so laaste klap of twee uitdeel net om jou beter te laat voel. Moenie ... maak die fan skoon.
PUNT VIER: ... Sit daai fan nou weer aan ... jy moet dit doen want almal om jou is besig om te sweet en hulle soek daai koel luggie om weer te kalmeer. Hierdie is 'n groot oomblik want dis waar jy die wat op jou staatmaak net laat weet .... dinge is onder beheer, julle is veilig.
PUNT VYF: ... Kry die vloer nou skoon ... dis noodsaaklik want daar is nog mense wat deur loop en die stront verder uit dra aan hulle sole. Kry die vloer skoon ... troos, verseker, kalmeer, inspireer en glimlag. Nou is alles gestop wat kan besmeer.
PUNT SES: ... Maak nou die mure en vensters skoon. Dis belangrik want dis nog in almal se gesigte en net waar hulle kyk sit spatsels. Hierdie mure en venster skoonmaak ding is deel van jou proses om skade te herstel. Sommige kolle gaan hel seer wees want die vensters het skerp kantjies. Ander gaan taai wees, daar is groefies en gleufies en jy sal maar met jou naels moet krap om dit uit en af te kry. Ander gaan sommer maklik afvee en hier sal die watertjies en seep sommer ook jou naels weer skoon kry.
Die skerp plekkies kan vriendskappe wees wat baie werk gaan vat om te herstel ... die gleufies en groefies kan verhoudings wees wat diep seergemaak is en baie liefde en toewyding gaan neem om skoon te kry ... die maklikes is moontlik daai ware vriende wat net wil weet jy is ok en dat jy hulle waardeer.
PUNT SEWE: ... Maak nou laastens die plafon skoon ... die spatsels word gesien wanneer jy opkyk ... kry dit skoon. Maak seker jou poort na die Een toe wat die belangrikste is, is skoon en oop ... Vervang die lampies wat geblaas het en maak die skermpies skoon. Partymaal sal dit nodig wees om maar te verf want die plafon gaan vlekke op kry van die spatsels.
Nou dat jy alles gedoen het wat jy kon gedoen het ... sal die nuwe lampies weer lig maak vir jou pad en as jy moet verf ... verf my maat ... Hy vergewe ons en was ons weer skoon ... en ek sê dit omdat dit selde gebeur dat die k@k sommer net die fan slaan uit die bloute uit .... meeste kere het onsself daai stroom oopgemaak.
Party sal dink Punt Sewe moet eerste kom ... nie vir my nie, ek glo dat die Here ons altyd beskerm en bewaar maar ek glo ook onwrikbaar dat ek moet my kant bring ... as jy die ses stappe gedoen het kan jy met 'n skoon gewete en opregtheid belei en jouself baai in Sy genade ... nie dat jy dit verdien het nie maar omdat jy jou kant gebring het.
Lekker naweek vir julle ... en onthou .... EERSTE DING ...
SIT AF DAAI FAN !